Plaas meel, gis, sout en suiker in 'n groot mengbak. Voeg die olie en net genoeg louwarm water by om 'n deeg te vorm. Knie 10 minute lank tot glad en elasties. laat die deeg 20 minute lank op warm plek rys.
Voorverhit die oond tot 200 grade selsius.
Knie die deeg af en plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Druk holtes in die deeg en druk die roosmarynpuntjies en olywe in die holtes. Strooi die sout oor.