Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak deeglik. Spoel sago af en plaas dit in ‘n kastrol saam met die melk. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut stadig totdat die sago deurskynend is. Verwyder van die hitte en voeg 125ml suiker, sout, geursel en botter by. Klits die eiergele en roer dit by die sagomengsel in. Skep die mengsel in die voorbereide bak en stip met appelkooskonfyt. Klits die eierwitte tot stywe punte begin vorm. Voeg die res van die suiker by en klits tot blink en glad is. Skep die meringue oor die poeding sodat dit puntjies staan. Bak sowat 20-25min of tot gaar en tot die meringue goudbruin is. Sit warm voor of by kamer temperatuur.
VARIASIE
Kaneelgeur: Laat prut ‘n kaneelstokkie saam met die melk en sago en sprinkel kaneel oor die poeding i.p.v konfyt
Klapper: Voeg 125ml klapper by sodra die sago deurskynend is en sprinkel klapper oor die meringue