1. Spuit 'n middelslag langwerpige pan met kleefwerende kossproei.
2. Plaas die kondensmelk, botter, suiker, suurlemoensap en -skil in 'n groot kastrol en verhit oor matige hitte totdat die suiker en die botter gesmelt het.
3. Roer diefyn beskuitjies en klapper by en meng goed.
4. Druk die mengsel in die voorbereide bak ( werk flink, dit word nogal vinnig styf). Laat afkoel.
5. Meng die versiersuiker met die suurlemoensap (dit moet 'n smeerbare versiersel wees - voeg nog 'n bietjie suurlemoensap by as dit te styf is) en smeer dit bo-oor die koekies wanneer dit koud is.