1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot muffinpan met 6 holtes baie deeglik met kleefwerende kossproei.
2. Plaas die gekapte broccoli saam met die soetrissies en gekapte hoender in ’n mengbak en roer om te meng.
3. Skep die mengsel in die muffinholtes tot sowat ½ vol. Sprinkel geras¬perde kaas in elke holte.
4. Klits die eiers, melk, meel, neutmuskaat en sout en peper deeglik saam. Skep dit in die muffinholtes – jy moet kan sien hoe die eiermengsel amper tot bo kom in elke holte.
5. Bak 25-30 minute tot gaar. Laat 3-5 minute in die pan afkoel en skep dan baie versigtig met ’n plastiek-deegskraper uit. Die tertjies is heerlik warm, maar ook lekker by kamertemperatuur.